| Modulekode | BDO 329 |
| Kwalifikasie | Voorgraads |
| Fakulteit | Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe |
| Module-inhoud | Motivering en prestasiebestuur Die afdeling spreek die hoofkenmerke van ‘n prestasiebestuurstelsel aan en fokus op die strategiese en motiveringswaarde van die proses. Prestasiebestuur word onder die volgende hoofde behandel: kriteria-ontwikkeling; prestasiebeplanning; data-insameling; waarneming en dokumentering; prestasiebeoordeling; beoordelingsinstrumente; prestasieterugvoering om motivering te bevorder. Menslikehulpbron- en loopbaanontwikkeling Die afdeling spreek die hedendaagse metodes aan wat benut kan word om mensekrag- en loopbaanontwikkelingsprogramme te ontwikkel en aan te bied om prestasie op sowel die individuele as organisatoriese vlak te bevorder. Die klem val op behoefte-ontleding, kurrikulumontwerp, leerdoelwitstelling, programontwikkeling, voorbereiding van materiaal, opleidingsingrepe, aanbiedings- en fasiliteringsvaardighede, asook kursusevaluering. Die integrasie van individuele loopbaanverwagtinge met organisasievereistes en -strategie word aan die hand van loopbaanontwikkeling toegelig. |
| Modulekrediete | 20.00 |
| Programme | |
| Diensmodules | Fakulteit Gesondheidswetenskappe |
| Voorvereistes | BDO 319 GS |
| Kontaktyd | 3 lesings per week |
| Onderrigtaal | Engels |
| Akademiese organisasie | Menslikehulpbronbestuur |
| Aanbiedingstydperk | Semester 2 |
Copyright © University of Pretoria 2025. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App